|
![]() Jaco van den Bergh van Delareyville skryf: Al hoe meer ondervind ek die liefde van God in my lewe. Dit gaan goed met die mens as hy God se Woord lees, dit oordink, en dit uitleef! Graag wil ek terugvoering gee nadat my getuienis in die Goeie Nuus van Julie 2010 verskyn het met die opskrif, JESUS LEEF REGTIG! Baie mense het SMS'e gestuur, baie het geskakel en vertel dat hulle die ongeluk onthou. Ander het vertel dat hulle sien hoe swaar dit was en dat God kan genees. Dan het daar ook mense geskakel wat, nadat hulle die gedeelte gelees het, deur God aangeraak is. Selfs predikante het geskakel met seënwense. Twee weke gelede het 'n groep mense wat die Woord bedien, deur ons dorp beweeg. Onder leiding van die Here se Gees het hulle my gevra om 'n boodskap op 'n sekere muur te verf. Hierdie muur is in die hoofstraat van Delareyville geleë en is deel van my eiendom. Die Heilige Gees gee my die woorde "JESUS LEEF" om te verf. Gou-gou het die nuus in Delareyville versprei en almal het kom kyk! Daar is baie positiewe dinge besig om te gebeur onder die jeug van Delareyville en selfs ook onder die volwassenes. Almal praat al hoe meer van JESUS! Ek glo dat God besig is om my af te sonder sodat ek 'n boek kan skryf oor alles wat met my gebeur het. Dank God dat ek nog mag lewe! Dit is wonderlik! (083 272 6146). |